FIXXWORX · JOU VOORDEUR NA DIE REGTE WERKSTELSEL

Besigheidsagteware vir die werk wat jy doen.Artisan_Plus en SiteForge.

Sê eenvoudig wat julle doen. FixxWorx help jou kies tussen Artisan_Plus en SiteForge, kry jou rekening en lisensie aan die gang, en hou toegang, betalings en hulp op een plek.

FWGeen ERP-les nodig nie. Geen konsultantetaal nie. Begin by die werk wat julle werklik doen.
EEN REKENING✦TWEE WERKSTELSELS✦AFRIKAANS + ENGLISH✦MENSLIKE HULP
WAT FIXXWORX SELF DOEN

Ons hou die saai goed uit jou pad.

FixxWorx is nie waar jou span werkkaarte of bouprojekte bestuur nie. Dit is die plek wat jou by die regte stelsel in kry en die rekeningkant bymekaar hou.

01KiesWatter stelsel pas by die werk?
02RekeningBesigheid, mense en toegang.
03LisensiePlan, betaling en aktivering.
04HulpOndersteuning wanneer iets haak.
ARTISAN_PLUS

Die werk is klaar.
Die admin moet ook wees.

Van die eerste oproep tot die faktuur: dieselfde kliënt, dieselfde werk, dieselfde spoor. Minder oortik. Minder “waar is daai foto?”.

Kliënt→Kwotasie→Werkkaart→Faktuur
SF
SITEFORGERiverside · Fase 2
LIVE PROJEK
Program74%BegrotingR21.1mOop items18
01CRM & raming✓02BOQ & aankope✓03Terrein & kontrakteurs●04Eise & retensie→05Oorhandiging→
SITEFORGE ERP/BMS

Van eerste begroting tot laaste sleutel.

Een projekprent vir die mense wat bou én die mense wat die geld, program, kontrakteurs, aankope, eise en dokumente moet beheer.

HuiseKomplekseFabriekeOntwikkelingsSiviel
“Ons doen sonkrag en DB-werk.”“Ons bou komplekse.”“Ek weet nie watter plan nie.”Brakki
VRA SOOS ’N MENS. KRY ’N ANTWOORD SOOS ’N MENS.

Brakki ken die webwerf. Jy hoef nie.

Vertel hom wat julle doen, hoeveel mense saamwerk of wat jou adminprobleem is. Hy stuur jou na die regte stelsel, demo, prys of registrasiepad.

REGUIT, SONDER KORPORATIEWE MIS
01

FixxWorx is nie ’n derde werkprogram nie.

Dit hanteer rekening, lisensie, betaling, toegang en ondersteuning.

02

Jou werksdata bly waar dit hoort.

Werkkaarte in Artisan_Plus. Bouprojekdata in SiteForge.

03

Jy kan eers kyk.

Gebruik die Artisan_Plus-demo of bespreek ’n SiteForge-demo voordat jy besluit.

NOG IETS WAT KNAAG?

Vier antwoorde voordat jy ’n vorm hoef in te vul.

Ons wil hê jy moet verstaan wat jy koop voordat jy enigiets koop.

Is FixxWorx self die sagteware waarin ek werk?+

Nee. Jou werksdag gebeur in Artisan_Plus of SiteForge. FixxWorx bestuur die rekening- en toegangslaag rondom hulle.

Kan ek Artisan_Plus eers probeer?+

Ja. Daar is ’n 14-dae proeftyd en ’n demo wat jy sonder registrasie kan oopmaak.

Kan SiteForge met ’n Artisan_Plus-kontrakteur skakel?+

Ja. ’n Werkpakket kan veilig na die korrekte Artisan_Plus-besigheid gestuur word, terwyl albei stelsels hul eie data en identiteit behou.

Wat as ek nog steeds nie seker is nie?+

Vra vir Brakki of bespreek ’n demo. Jy hoef nie die tegniese name te ken om te begin nie.

FIXXWORX

Sê wat julle doen.
Ons wys jou die regte deur.